Produkreeks
Ons is die voorste vervaardiger van die beste hout Wendyhuise.
Iets meer oor ons produk
Ons is trots op ons werk en produkte en gebruik slegs die beste, beskikbare materiale (19 mm oondgedroogte SA dennehout wat ons afskaaf en dan tot ‘n perfekte passing (tong-en-groef) sny). Hierdie proses produseer ‘n 17 mm tong-en-groef plank wat superieur is bo die meeste soortgelyke produkte op die mark.
Ons tuinhuisies word met A & H houtseëlaar behandel wat dit teen die elemente beskerm. Ons beveel aan dat u tuinhuisie met ons seëlaar binne drie weke na installasie en daarna op ‘n jaarlikse basis, behandel word. Dit is ook ‘n vereiste vir die 10 jaar waarborg op die tuinhuisie.
Verskillende gebruike vir ons Tuinhuisies
- VERBLYF
- TERREINKANTOOR
- WAGHUT vir sekuriteitswagte
- ONTKLEEKAMER
- STUDIO / Ateljee
- SPEELKAMER
- TUINSKUUR
- TUINHUISIE
- POPHUIS
- WERKSKAMER
- STOORKAMER
- HONDEHOK
Terreinvoorbereiding & konstruksie
Voordat die tuinhuisie opgerig kan word:
- Ons het ten minste 500 mm werkspasie rondom die tuinhuisie nodig.
- Die kliënt kan sy/haar eie bakstene voorsien op voorwaarde dat die bakstene op die terrein moet wees wanneer die konstruksiespan arriveer. Ons kan teen ‘n ekstra koste bakstene voorsien, indien nodig.
- Op die spesifieke terrein waar die tuinhuisie opgerig moet word, moet die grondoppervlak redelik plat en verdig wees.
- A & H Wendy houses aanvaar nie verantwoordelikheid indien die tuinhuisie nie inpas op die terrein wat deur die kliënt uitgewys is nie. Ons aanvaar ook nie verantwoordelikheid indien die terrein nie geskik is vir die oprigting van die bestelde tuinhuisie nie.
- Die terrein wat vir die oprigting van die tuinhuisie geïdentifiseer is, moet onbelemmerd wees.
- Vir die groot tuinhuisies is óf ‘n betonblad óf ‘n blad op stelte nodig.
- Die plek waar die tuinhuisie opgerig moet word, moet binne munisipale regulasies val. Dit is egter die volle verantwoordelikheid van die kliënt (eienaar van die eiendom).
Algemeen
- Alle tuinhuisiegroottes is nominaal en op die dimensie(s) van die dak gemeet.
- Geen plafon en isoleermateriaal word in die veranda geïnstalleer nie.
- ND-grootte vensters - in tuinhuisies met 2.1 m symure geïnstalleer.
- NE-grootte vensters - in tuinhuisies met 1.8 m symure geïnstalleer.
- Oorstekende dakrand
- 1.8 m is gelyk aan 150 mm
- 2.4 m is gelyk aan 180 mm
- 3.0 m is gelyk aan 220 mm
- Venstergroottes
- NE1 is gelyk aan Wydte 533 mm x Hoogte 654 mm
- NE2 is gelyk aan Wydte 1 022 mm x Hoogte 654 mm
- NE3 is gelyk aan Wydte 1 511 mm x Hoogte 654 mm
- ND2 is gelyk aan Wydte 1 022 mm x Hoogte 981 mm
- Skuifdeur
- 1.8 m x 1.95 m
Die Waarborg
Om vir die 10 jaar waarborg te kwalifiseer, moet aan die volgende voorwaardes voldoen word:- Alle tuinhuisies moet met ons spesiale houtseëlaar behandel word (A & H Wood sealant).
- Hierdie behandeling moet nie later as drie weke na oprigting van genoemde Wendyhuis aangebring word nie.
- Hierdie behandeling moet jaarliks herhaal word.
- Die deure moet aan beide kante behandel word.
- Alle dakke moet met twee (2) lae DAKSEËLAAR verf geverf word, wat gereeld herhaal word.
- Die uitswelling van deure en vensters word nie gedek nie.